-
Job 39
- 1 Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
- 2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
- 3 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
- 4 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
- 5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
- 6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort — weg is hulle weë!
- 7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
- 8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
- 9 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
- 10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
- 11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
- 12 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
- 13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
- 14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
- 15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
- 16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
- 17 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
- 18 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
- 19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.
- 20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
- 21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
- 22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
- 23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
- 24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
- 25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
- 26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
- 27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
- 28 By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
- 29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
- 30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. En die HERE het Job geantwoord en gesê: Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.