-
Job 9
- 1 Maar Job het geantwoord en gesê:
- 2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
- 3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
- 4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
- 5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
- 6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
- 7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
- 8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
- 9 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
- 10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
- 11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
- 12 Sleep Hy weg — wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
- 13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
- 14 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
- 15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
- 16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
- 17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
- 18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
- 19 Kom dit aan op die krag van die sterkste — hier is Ek! En kom dit op reg aan — wie kan My dagvaar?
- 20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
- 21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
- 22 Dit is net eenders — daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
- 23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
- 24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
- 25 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
- 26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
- 27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
- 28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
- 29 Ek sal tog skuldig wees — waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
- 30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
- 31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
- 32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
- 33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
- 34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
- 35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Chamorro
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Myanmar Burmse
- Norwegian bokmal
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Thai
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.