-
Job 13
- 1 Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
- 2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
- 3 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
- 4 Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
- 5 Ag, as julle maar heeltemal sou swyg — dan sou dit vir julle wysheid wees!
- 6 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
- 7 Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
- 8 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
- 9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
- 10 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
- 11 Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
- 12 Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
- 13 Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
- 14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
- 15 Kyk, al wil Hy my ombring — ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
- 16 Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
- 17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
- 18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
- 19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
- 20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
- 21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
- 22 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
- 23 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
- 24 Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
- 25 Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
- 26 dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
- 27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
- 28 en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.