-
Numeri 36
- 1 En die familiehoofde van die geslag van die kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek
- 2 en gesê: Die HERE het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die HERE bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selófhad aan sy dogters te gee.
- 3 As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.
- 4 En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.
- 5 Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.
- 6 Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n geslag van die stam van hulle vader,
- 7 sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.
- 8 En elke dogter wat 'n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.
- 9 So sal dan 'n erfdeel nie van een stam na 'n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.
- 10 Soos die HERE Moses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:
- 11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;
- 12 hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.
- 13 Dit is die gebooie en die verordeninge wat die HERE deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
-
Active Persistent Session:
To use a different persistent session key, simply add it above, and click the button below.
How This All Works
Your persistent session key, together with your favourite verse, authenticates you. It links to all your notes and tags in the Bible. You can share it with loved ones so they can see your notes and tags.
However, to modify your notes and tags, you need both the persistent session key and your favourite verse.
Please Keep Your Favourite Verse Private
Your persistent session key and favourite verse provide you exclusive access to edit your notes and tags. Think of your persistent session key as a username and your favourite verse as a password. Therefore, ensure your favourite verse is kept private.
The persistent session key allows viewing, while editing is only possible when the correct favourite verse is provided.
-
Loading...
-
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.